Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN
"by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51784] Di, 16 Oktober 2001 19:04 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

by die aanskou van blou perde
Jeanne Goosen

wat die oë vandag beetgehad het
het by die lippe uitgegly
goed-begryp se keeltjie
is met ander woorde afgesny
maar wat in die koptronk gearresteer lê
aha, dis 'n perd van 'n ander kleur
duiwel self wat kom bokjol het
as jy my vra
die trom gaan boos te kere
en die bloed druk hoog van lekkerkry
doktertjie, doktertjie maak jou diagnose gou
hierdie perd voel lus vir 'n stellazinewals
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51821 is 'n antwoord op boodskap #51784] Wo, 17 Oktober 2001 10:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
My goed-begryp se keeltjie is ook afgesny.
___________________________________________________

by die aanskou van blou perde
Jeanne Goosen

wat die oë vandag beetgehad het
het by die lippe uitgegly
goed-begryp se keeltjie
is met ander woorde afgesny
maar wat in die koptronk gearresteer lê
aha, dis 'n perd van 'n ander kleur
duiwel self wat kom bokjol het
as jy my vra
die trom gaan boos te kere
en die bloed druk hoog van lekkerkry
doktertjie, doktertjie maak jou diagnose gou
hierdie perd voel lus vir 'n stellazinewals
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51827 is 'n antwoord op boodskap #51784] Wo, 17 Oktober 2001 11:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Het jy al / gebruik jy dalk die nuwe CD-ROM weergawe van die Groot
Verseboek? Ek dink daaraan om dit aan te skaf.

Henry

skryf in boodskap news:3BCC8606.B1F67FE1@home.com...
by die aanskou van blou perde
Jeanne Goosen

wat die oë vandag beetgehad het
het by die lippe uitgegly
goed-begryp se keeltjie
is met ander woorde afgesny
maar wat in die koptronk gearresteer lê
aha, dis 'n perd van 'n ander kleur
duiwel self wat kom bokjol het
as jy my vra
die trom gaan boos te kere
en die bloed druk hoog van lekkerkry
doktertjie, doktertjie maak jou diagnose gou
hierdie perd voel lus vir 'n stellazinewals
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51828 is 'n antwoord op boodskap #51784] Wo, 17 Oktober 2001 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kwarantyn wrote:

> Het jy al / gebruik jy dalk die nuwe CD-ROM weergawe van die Groot
> Verseboek? Ek dink daaraan om dit aan te skaf.
>
> Henry
>

Nee, ek kry nog maar die Goosen-gedigte uit die eerste
Groot Verseboek. Die CD is glo taamlik duur.

Gloudina
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51830 is 'n antwoord op boodskap #51784] Wo, 17 Oktober 2001 12:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Byna R300 - hang af waar jy soek. Die prys wissel van ongeveer R250 tot
ongeveer R290. Maar met die wisselkoers soos dit nou is kom dit uit op onder
US$30, wat gangbaar is.

Henry
skryf in boodskap news:3BCD73F6.F9680F2@home.com...
> Kwarantyn wrote:
>

Die CD is glo taamlik duur.
>
> Gloudina
>
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51851 is 'n antwoord op boodskap #51784] Wo, 17 Oktober 2001 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
> Kwarantyn wrote:
>
>> Het jy al / gebruik jy dalk die nuwe CD-ROM weergawe van die Groot
>> Verseboek? Ek dink daaraan om dit aan te skaf.

>> Henry

>
> Nee, ek kry nog maar die Goosen-gedigte uit die eerste
> Groot Verseboek. Die CD is glo taamlik duur.
>
> Gloudina

Sou dit kon wees dat die CD so duur is omdat die digters se inkomste wat
hulle andersins sou verdien afgeknabbel word deur sekere mense wat hulle
gedigte sonder vergunning en sonder betaling, neem ek aan, op nuusgroepe
gaan staan en publiseer?

My klip in die bos.

Swart Simon
Pryse van CD's [boodskap #51853 is 'n antwoord op boodskap #51830] Wo, 17 Oktober 2001 18:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Oct 2001 12:29:03 GMT, "Kwarantyn" wrote:

> Byna R300 - hang af waar jy soek. Die prys wissel van ongeveer R250 tot
> ongeveer R290. Maar met die wisselkoers soos dit nou is kom dit uit op onder
> US$30, wat gangbaar is.

Waar kan ek die CD vir $30 kry? Ek sal dit koop net vir Goossen se
gedigte!
Dit is nie beskikbaar op Amazon nie, want ek het al gekyk. As mens
dit van Kalahari.net moet bestel, kan hulle maar vergeet. Die eerste
en laaste keer wat ek iets van Kalahari.net wou bestel, moes ek amper
1 maand wag net om 'n antwoord te kry op 'n vraag oor koste en
posgeld! Dit alleen is onvergeeflik in my boeke. Maar kyk wat gebeur
met die prys as jy wil hê hulle moet dit Amerika toe stuur:

Hier is 'n uitreksel van die epos wat ek 3 .5 weke voor moes wag.

"Ek het nou eindelik al die inligting wat jy benodig. Pharos 5 in 1
is R262.28 plus die lugvrag R441.81. "

Ek het intussen gevra of hulle dit nie dalk sommer gewone pos per skip
kan stuur nie (of watookal die goedkoper opsies is), maar het alweer
tot op hede niks terug gehoor nie. En volgens wat ek lees hier oor
die Rand wat so vinnig daal, sal bogenoemde bedrae seker al klaar weer
verkeerd wees.
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51859 is 'n antwoord op boodskap #51851] Wo, 17 Oktober 2001 18:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Oct 2001 19:56:10 +0200, "Swart Simon" wrote:
>
> Sou dit kon wees dat die CD so duur is omdat die digters se inkomste wat
> hulle andersins sou verdien afgeknabbel word deur sekere mense wat hulle
> gedigte sonder vergunning en sonder betaling, neem ek aan, op nuusgroepe
> gaan staan en publiseer?
>
> My klip in die bos.

Simon, ek hoor wat jy sê - maar daar is ook 'n ander sy (?kant) van
die saak. Daar is baie mense soos ek wat nie in SA woonagtig is nie.
Wat ook miskien, nes ek, nog NOOIT van sekere digters of name gehoor
het nie. Nou wil ek byvoorbeeld met alle geweld meer weet van Jeanne
Goossen. Watse boeke sy geskryf het, watter ander gedigte daar van
haar gepubliseer is, ens. Ek kan jou VERSEKER dat ek van haar werke
gaan koop. En al my vriende weet ook nou van hierdie persoon.
So, eintlik het Goossen gratis publikasie gekry in hierdie geval. :-)
Is dit so sleg?

Ook maar net my klip in die muiskersbos. :-)
Re: Pryse van CD's [boodskap #51863 is 'n antwoord op boodskap #51853] Wo, 17 Oktober 2001 18:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Doodreg daar Strepie - re duurder.
Skryf vir my wat jy presies wil hê, en ek sal dit vir jou kry en aanstuur.
Ek is nie uit op winsbejag hier nie, so jy sal net betaal wat dit my sal
kos.
Annette

news:ofhrstgscm1qfr0nbto1ncf3ius8etlvk0@4ax.com...
> On Wed, 17 Oct 2001 12:29:03 GMT, "Kwarantyn" wrote:
>
>> Byna R300 - hang af waar jy soek. Die prys wissel van ongeveer R250 tot
>> ongeveer R290. Maar met die wisselkoers soos dit nou is kom dit uit op onder
>> US$30, wat gangbaar is.
>
> Waar kan ek die CD vir $30 kry? Ek sal dit koop net vir Goossen se
> gedigte!
> Dit is nie beskikbaar op Amazon nie, want ek het al gekyk. As mens
> dit van Kalahari.net moet bestel, kan hulle maar vergeet. Die eerste
> en laaste keer wat ek iets van Kalahari.net wou bestel, moes ek amper
> 1 maand wag net om 'n antwoord te kry op 'n vraag oor koste en
> posgeld! Dit alleen is onvergeeflik in my boeke. Maar kyk wat gebeur
> met die prys as jy wil hê hulle moet dit Amerika toe stuur:
>
> Hier is 'n uitreksel van die epos wat ek 3 .5 weke voor moes wag.
>
> "Ek het nou eindelik al die inligting wat jy benodig. Pharos 5 in 1
> is R262.28 plus die lugvrag R441.81. "
>
> Ek het intussen gevra of hulle dit nie dalk sommer gewone pos per skip
> kan stuur nie (of watookal die goedkoper opsies is), maar het alweer
> tot op hede niks terug gehoor nie. En volgens wat ek lees hier oor
> die Rand wat so vinnig daal, sal bogenoemde bedrae seker al klaar weer
> verkeerd wees.
>
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51865 is 'n antwoord op boodskap #51784] Wo, 17 Oktober 2001 19:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> Sou dit kon wees dat die CD so duur is omdat die digters se inkomste wat
> hulle andersins sou verdien afgeknabbel word deur sekere mense wat hulle
> gedigte sonder vergunning en sonder betaling, neem ek aan, op nuusgroepe
> gaan staan en publiseer?
>
> My klip in die bos.

Nee wat, my liewe Simon van der Schans, ek voel gladnieskuldig oor dit
wat ek op hierdie nuusgroep doen in verband
met die plasing van gedigte nie. Ek weet van ten minste een
geval waar iemand, wat baie van digters weet, vir my vertel
het dat hy sy eerste Gert Vlok Nel gedigte op hierdie nuusgroep
gelees het, en toe so daarvan gehou het dat hy die bundel in
Johannesburg wou gaan koop en dit aanvanklik nêrens kon
kry nie. (Dit alles omdat iemand, wat nie die nuusgroep lees
nie, vir my geduldig 'n hele klomp van Gert Vlok Nel se
gedigte in getik het, omdat hy op die grapevine gehoor het
dat dit goed was en dit met my wou deel, kort nadat dit
uitgekom het.) Ek dink dus dat ek eintlik mense stimuleer om
Afrikaanse gedigte te lees.
Die ander sy van die saak: ek dink nie daar is honderde
en honderde Afrikaans-sprekende mense wat hierdie nuusgroep
lees nie. Op die uiterste omtrent 'n dosyn wat gereeld pos, en
miskien een of twee dosyn wat loer (en ek dink dis optimisties.)
So ek dink nie dit beinvloed teveel lede van die leserspubliek
nie. Wat dink jy?

Gloudina

>
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51866 is 'n antwoord op boodskap #51784] Wo, 17 Oktober 2001 19:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Streepmuis wrote:

> Nou wil ek byvoorbeeld met alle geweld meer weet van Jeanne
> Goossen. Watse boeke sy geskryf het, watter ander gedigte daar van
> haar gepubliseer is

Volgens die Groot Verseboek is sy in 1938 gebore, en
moet sy dus nou in haar vroeg-sestigerjare wees as sy nie alreeds
oorlede is nie. Ek sal geinteresseerd wees in enige ander
inligting en gedigte wat jy oor haar kan opdiep. As ek die
gedig "Sonneblom" reg verstaan, klink dit vir my asof dit
'n lesbiese verhouding is wat in die gedig beskryf word. Mens
wonder ook of al die verwysings na "mal wees" in haar
gedigte outobiografies is.

Gloudina
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51872 is 'n antwoord op boodskap #51784] Wo, 17 Oktober 2001 20:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
Swart Simon wrote:

> Sou dit kon wees dat die CD so duur is omdat die digters se inkomste wat
> hulle andersins sou verdien afgeknabbel word deur sekere mense wat hulle
> gedigte sonder vergunning en sonder betaling, neem ek aan, op nuusgroepe
> gaan staan en publiseer?
>
> My klip in die bos.

Nee wat, my liewe Simon van der Schans, ek voel gladnieskuldig oor dit
wat ek op hierdie nuusgroep doen in verband
met die plasing van gedigte nie. Ek weet van ten minste een
geval waar iemand, wat baie van digters weet, vir my vertel
het dat hy sy eerste Gert Vlok Nel gedigte op hierdie nuusgroep
gelees het, en toe so daarvan gehou het dat hy die bundel in
Johannesburg wou gaan koop en dit aanvanklik nêrens kon
kry nie. (Dit alles omdat iemand, wat nie die nuusgroep lees
nie, vir my geduldig 'n hele klomp van Gert Vlok Nel se
gedigte in getik het, omdat hy op die grapevine gehoor het
dat dit goed was en dit met my wou deel, kort nadat dit
uitgekom het.) Ek dink dus dat ek eintlik mense stimuleer om
Afrikaanse gedigte te lees.
Die ander sy van die saak: ek dink nie daar is honderde
en honderde Afrikaans-sprekende mense wat hierdie nuusgroep
lees nie. Op die uiterste omtrent 'n dosyn wat gereeld pos, en
miskien een of twee dosyn wat loer (en ek dink dis optimisties.)
So ek dink nie dit beinvloed teveel lede van die leserspubliek
nie. Wat dink jy?

Gloudina
------------------------------------------------------------ -------------

Sien my antwoord aan Streepmuis. Die kwessie is nie of jy skuldig voel of
nie. Dis of jy skuldig is of nie.

Swart Simon wat nie meer agter schanse schuil nie.
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51873 is 'n antwoord op boodskap #51859] Wo, 17 Oktober 2001 20:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Streepmuis wrote in message ...
> On Wed, 17 Oct 2001 19:56:10 +0200, "Swart Simon"
> wrote:
>
>

>> Sou dit kon wees dat die CD so duur is omdat die digters se inkomste wat
>> hulle andersins sou verdien afgeknabbel word deur sekere mense wat hulle
>> gedigte sonder vergunning en sonder betaling, neem ek aan, op nuusgroepe
>> gaan staan en publiseer?

>> My klip in die bos.
>
> Simon, ek hoor wat jy sê - maar daar is ook 'n ander sy (?kant) van
> die saak. Daar is baie mense soos ek wat nie in SA woonagtig is nie.
> Wat ook miskien, nes ek, nog NOOIT van sekere digters of name gehoor
> het nie. Nou wil ek byvoorbeeld met alle geweld meer weet van Jeanne
> Goossen. Watse boeke sy geskryf het, watter ander gedigte daar van
> haar gepubliseer is, ens. Ek kan jou VERSEKER dat ek van haar werke
> gaan koop. En al my vriende weet ook nou van hierdie persoon.
> So, eintlik het Goossen gratis publikasie gekry in hierdie geval. :-)
> Is dit so sleg?
>
> Ook maar net my klip in die muiskersbos. :-)

Point taken. Maar as ek Jeanne Goosen was dan sou ek nog steeds die een wil
wees wat besluit wat goed vir my sal wees, eerder as dat iemand anders die
reg in eie hande neem om dit vir my te besluit.

Swart Simon
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51875 is 'n antwoord op boodskap #51784] Wo, 17 Oktober 2001 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> Maar as ek Jeanne Goosen was dan sou ek nog steeds die een wil
> wees wat besluit wat goed vir my sal wees, eerder as dat iemand anders die
> reg in eie hande neem om dit vir my te besluit.
>

Since when besluit ek "wat goed is" vir Jeanne Goosen?

Gloudina
Re: Pryse van CD's [boodskap #51890 is 'n antwoord op boodskap #51863] Wo, 17 Oktober 2001 23:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Oct 2001 20:34:57 +0200, "Annette" wrote:

> Doodreg daar Strepie - re duurder.
> Skryf vir my wat jy presies wil hê, en ek sal dit vir jou kry en aanstuur.
> Ek is nie uit op winsbejag hier nie, so jy sal net betaal wat dit my sal
> kos.

Annette, dis rerig dierbaar van jou. Ek waardeer dit. Ek stuur vir
jou 'n epos hieroor. Dankie weereens!
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51938 is 'n antwoord op boodskap #51784] Do, 18 Oktober 2001 20:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
> Swart Simon wrote:
>
>> Maar as ek Jeanne Goosen was dan sou ek nog steeds die een wil
>> wees wat besluit wat goed vir my sal wees, eerder as dat iemand anders die
>> reg in eie hande neem om dit vir my te besluit.

>
> Since when besluit ek "wat goed is" vir Jeanne Goosen?
>
> Gloudina

Streepmuis sê:
"So, eintlik het Goossen gratis publikasie gekry in hierdie geval. :-) Is
dit so sleg?"

Jy sê:
"Ek weet van ten minste een geval waar iemand, wat baie van digters weet,
vir my vertel het dat hy sy eerste Gert Vlok Nel gedigte op hierdie
nuusgroep gelees het, en toe so daarvan gehou het dat hy die bundel in
Johannesburg wou gaan koop en dit aanvanklik nêrens kon kry nie."

Dit kom neer daarop dat Streepmuis besluit wat goed is vir Goosen, en jy
besluit wat goed is vir Gert Vlok Nel. Ek sê nie wat jy doen is noodwendig
sleg vir hulle nie. Ek sê net: vra eers vir permissie voordat jy hulle goed
publiseer. As die gratis publisiteit dan so goed is vir hulle sal hulle mos
nie weier nie.

Swart Simon
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51940 is 'n antwoord op boodskap #51938] Do, 18 Oktober 2001 21:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Oct 2001 22:53:29 +0200, "Swart Simon"
wrote:

> @home.com wrote in message ...
>> Swart Simon wrote:

> Ek sê net: vra eers vir permissie voordat jy hulle goed
> publiseer. As die gratis publisiteit dan so goed is vir hulle sal hulle mos
> nie weier nie.

Simon, jy is heeltemal reg. Tensy die "creator" al dood is vir 50
jaar, is daar 'n outomatiese kopiereg op alle werke. So, die berugte
"ruiter in die dag" is eintlik ook 'n letterdief of seerower? :-))
(Laat my alweer dink aan Kobus se Drama in 3 bedrywe) :-)))

Ek stuur 'n aparte boodskap met interessanthede oor kopiereg in.
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51943 is 'n antwoord op boodskap #51784] Do, 18 Oktober 2001 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> . Ek sê net: vra eers vir permissie voordat jy hulle goed
> publiseer.

Since when "publiseer" ek hulle goed? Eksit uitsluitlik 'n reproduksie van hulle
gedigte
op die nuusgroep. Dit sal jou miskien ook
interesseer dat ek wel "permissie" het van
'n hele klompie moderne digters om oor
hulle gedigte op die nuusgroep te praat.
As ek enigsins ekonomiese bate uit hierdie
aktiwiteit kry, is dit miskien 'n voël van
ander vere. In alle geval, ons het hierdie
onderwerp al 'n paar keer op hierdie
nuusgroep bespreek, en ek sal nie nou
skielik kapituleer, net omdat my favourite
nuusgroep-persoon nou hierdie soort
opmerking maak nie.

Gloudina
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #51946 is 'n antwoord op boodskap #51784] Do, 18 Oktober 2001 22:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Streepmuis wrote:

> So, die berugte
> "ruiter in die dag" is eintlik ook 'n letterdief of seerower? :-))

Ons het hierdie plasing-van-gedigte al baie baie kereop hierdie nuusgroep
bespreek. Laat ek weer herhaal
wat ek op daardie tydstip geantwoord het: (1) Ek mag
gedagvaar word. (2) Ek het 'n prokureur-seun wat
regstaan om sy moeder te verdedig en sy naam te maak
omdat sy kliënt die eerste persoon was in die wêreld
wat tronk toe gegaan het deur Afrikaanse gedigte op 'n
nuusgroep te pos. (3) Ek neem hierdie risiko omdat ek
nie bang is om tronk toe te gaan nie, en omdat ek dink
dat die disseminasie van Afrikaanse gedigte na die
Afrikaner diaspora 'n moreel sterker oorweging is as
om bang te wees vir vervolging.

Tant Hessie, guerilla-agterryer
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52001 is 'n antwoord op boodskap #51938] Vr, 19 Oktober 2001 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Swart Simon skryf in boodskap news:3bcf4103.0@news1.mweb.co.za...

> As die gratis publisiteit dan so goed is vir hulle sal hulle mos
> nie weier nie.

Die eerste vraag wat beantwoord moet word, is waarom beroeps digters nie
self hul werk gratis op 'n nuusgroep plaas nie. Waarom dink andere hulle kan
dit namens hierdie arme mense doen?

Een van my oorlede ooms wat nou al dood is, het altyd gesê 'n goeie produk
verkoop homself. Daarom kan ek verstaan waarom mens gediggies nogal taamlik
baie moet
adverteer. Ook kan ek verstaan waarom die goed in almal se kele op 'n
nuusgroep
afgedwing moet word. Dit laat wellieswaar 'n wrang smaak in die mond asook
'n knop in die keel.
(Meestal omdat dit so onverteerbaar is)

Nietemin, hoe dit ookal mag sy, wat kan nou beter wees om dit eerder mooi
bymekaar te klap op 'n webblad
waar almal wat wil dit kan lees? Die "advertensie gedeelte" sal dan wees om
weekilks op 'n nuusgroep nuwe rympies aan te kondig met die nodige url
daarby.

Of nog beter, skep 'n fassiliteit waar die oorspronklike (bekende) digters
self die rympies kan plaas, en kyk dan of hulle bereid is om dit gratis te
doen soos wat ander namens hulle hulself die reg toe-eien. Indien dit nie
byval vind nie, laat mense betaal om die goed aanlyn te lees (Nee o nee,
asseblief net nie dit nie) en die fondse aan die digters te stuur. Om veilig
te speel moet digters liewers nie hul gwone werk te gou opgee nie. Geen
bekende digter sal sy eie werk gratis bekikbaar stel nie, en niemand (indien
enige) sal wil betaal om dit te lees nie.

Nog 'n skouspelagtige uitdaging van kopiereg sal natuurlik wees as die
persone wat so verwaand is om andere se skeppings op 'n nuusgroep te plaas,
'n gratis hardeband bundel daarvan saam stel en dit slegs teen posgeld te
versprei. Nou waarom sal dit dan ewe skielik onaanvaarbaar wees?

Nee wat, my oom was al weer reg, 'n goeie produk verkoop homself. Dis die
dat boeke soos die Bybel en die Koran so gewild is. Maar dan weer, dit word
mos hoeka gratis versprei? En daars ook nie kopiereg op nie. Maar wie sal
hierdie boeke nou wil lees as dit in digvorm uitgegee sou word?

Dus, om gedigte gewild te maak, moet dit gratis versprei word en kopiereg
moet blindelings geignoreer word. Dit, of vra die digters om genoeg woorde
by te voeg sodat rympies lekker leesstories word. Dan sal mense dit mos
koop?

Gedigte is immers lang stories waar die meeste woorde stelselmatig verwyder
word todat net die gedig self oorbly. :-)
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52004 is 'n antwoord op boodskap #51784] Vr, 19 Oktober 2001 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
Streepmuis wrote:

> So, die berugte
> "ruiter in die dag" is eintlik ook 'n letterdief of seerower? :-))

(2) Ek het 'n prokureur-seun wat
regstaan om sy moeder te verdedig en sy naam te maak
omdat sy kliënt die eerste persoon was in die wêreld
wat tronk toe gegaan het deur Afrikaanse gedigte op 'n
nuusgroep te pos.

Tant Hessie, guerilla-agterryer
-------------------------------------------------

En sy saak dus verloor het? Some attorney.....Some son.

Swart Simon
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52005 is 'n antwoord op boodskap #51784] Vr, 19 Oktober 2001 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
Swart Simon wrote:

> . Ek sê net: vra eers vir permissie voordat jy hulle goed
> publiseer.

Dit sal jou miskien ook interesseer dat ek wel "permissie" het van 'n hele
klompie moderne digters om oor hulle gedigte op die nuusgroep te praat.

Gloudina
------------------------------------

Wat bedoel jy met "permissie" (tussen aanhalingstekens). Iets anders as
permissie (sonder aanhalingstekens)?

Jy het nie "Permissie"/permissie nodig om _oor_ hulle gedigte te praat nie.

Swart Simon
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52006 is 'n antwoord op boodskap #51784] Vr, 19 Oktober 2001 21:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
Swart Simon wrote:

> . Ek sê net: vra eers vir permissie voordat jy hulle goed
> publiseer.

Since when "publiseer" ek hulle goed?

Gloudina
-----------------------------------------------

My woordeboek sê: "Publiseer = in geskrewe vorm versprei".

Dis presies wat jy doen.

Swart Simon
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52008 is 'n antwoord op boodskap #51784] Vr, 19 Oktober 2001 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
Swart Simon wrote:

> . Ek sê net: vra eers vir permissie voordat jy hulle goed
> publiseer.

In alle geval, ons het hierdie
onderwerp al 'n paar keer op hierdie
nuusgroep bespreek, en ek sal nie nou
skielik kapituleer, net omdat my favourite
nuusgroep-persoon nou hierdie soort
opmerking maak nie.

Gloudina
-----------------------------------

Flattery will get you nowhere :-)

Swart Simon
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52009 is 'n antwoord op boodskap #51784] Vr, 19 Oktober 2001 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
Swart Simon wrote:

> . Ek sê net: vra eers vir permissie voordat jy hulle goed
> publiseer.

Eksit uitsluitlik 'n reproduksie van hulle gedigte op die nuusgroep.

Gloudina
--------------------------------------------

reproduksie = kopie.

Nou praat jy jouself nog verder vas.

Swart Simon
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52010 is 'n antwoord op boodskap #51784] Vr, 19 Oktober 2001 21:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
Swart Simon wrote:

> . Ek sê net: vra eers vir permissie voordat jy hulle goed
> publiseer.

As ek enigsins ekonomiese bate uit hierdie
aktiwiteit kry, is dit miskien 'n voël van
ander vere.

Gloudina
---------------------------------------

Nie eintlik nie.

Swart Simon
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52014 is 'n antwoord op boodskap #51784] Vr, 19 Oktober 2001 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> Tant Hessie, guerilla-agterryer
> -------------------------------------------------
>
> En sy saak dus verloor het? Some attorney.....Some son.

Jy weet blykbaar bittermin van hoe 'n advokaat syfunksie beoefen. Timothy
McVey se advokaat het
sy saak verloor, maar die hele regstelsel het respek
vir die feit dat hy hom goed van sy taak gekwyt
het.

Gloudina

>
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52015 is 'n antwoord op boodskap #51784] Vr, 19 Oktober 2001 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> Wat bedoel jy met "permissie" (tussen aanhalingstekens). Iets anders as
> permissie (sonder aanhalingstekens)?
>

Jy lees duidelik bietjie naief. Ek het permissie tussen
aanhalingstekens gesit, omdat ek my nie wou assosieer
met die gebruik van die woord nie, want 'n baie beter
Afrikaanse woord daarvoor is "verlof."

Gloudina
Re: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52018 is 'n antwoord op boodskap #51784] Vr, 19 Oktober 2001 22:06 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> My woordeboek sê: "Publiseer = in geskrewe vorm versprei".
>
> Dis presies wat jy doen.
>

Wel jou woordeboek moet taamlik simplisties wees
as dit die betekenis van "publiseer" so wyd aandui.
Publiseer, my liewe Simon, beteken dat iemand
(gewoonlik 'n maatskappy of uitgewersbesigheid)
iemand se digterswerk in boekvorm druk en dit
dan verkoop. Selfs die gedigte wat Litnet op hulle
Poësie-afdeling plaas, kan nie kwalifiseer as
"gepubliseerd" nie. Erens op Litnet was aangedui
dat hulle in hulle kategorie-gepubliseerde digters
alleen digters plaas wat hulle digwerk gepubliseer
sien in 'n boek wat 'n ISBN nommoer het. Self-
gepubliseerde digbundels, sonder ISBN nommer,
kwalifiseer dus nie vir Litnet as "gepubliseerd" nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: "simptoom" deur JEANNE GOOSEN
Volgende onderwerp: "winter" deur JEANNE GOOSEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 20:23:13 MGT 2024